Die Voëlvry Toer

R450,00

Die Voëlvry Toer van 1989 was nie net ’n musiektoer nie — dit was ’n beweging. ’n Middle finger vir die establishment. ’n Stem vir ’n nuwe generasie.

Ironies genoeg was daar nooit ’n amptelike toer-hemp nie… maar daar was die plakkaat.

Hierdie ontwerp is gebaseer op daardie ikoniese Voëlvry-plakkaat — met Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band, saam met Koos Kombuis (toe nog André Letoit) en Bernoldus Niemand (James Phillips) — die musikante wat Afrikaanse musiek laat ontplof het.

Die oorspronklike ontwerp is deur Catharina Scheepers geskep, en ons gee volle erkenning daarvoor. Hierdie ontwerp is met toestemming gebruik van Dirk Uys, wat die toer georganiseer het en gehelp het om hierdie beweging die wêreld in te stuur.

Dis nie net ’n print nie. Dis ’n stuk geskiedenis wat jy kan dra.

⚫ Printed on premium black cotton tees
🇿🇦 Produced in Pretoria
💀 Wear it with pride